Maritz Familie van Suidwes

 

VROUE EN DIE NAMA-OPSTAND.

DIE VROUE WAT OP EEN OF ANDER MANIER GERAAK IS DEUR DIE WITBOOI-OPSTAND  IN DIE SENTRALE DELE VAN SUIDWES

ONS DINK OOK AAN HULLE MET DEERNIS VIR DIE LYDING, SMART  EN SWAARKRY WAT HULLE MOES DEURSTAAN.

Esther Jacoba Maritz - vrou van Nicolaas Gysbert Jacobus Maritz.   Sy moes te voet van haar plaas Garries met net een perd en  vier jong kindertjies van haar seun Nicolaas na veiligheid op Kub vlug.

Susanna Lesaja Maritz - vrou van Dawid Johannes Maritz.    Sy is saam met hom op 'n transportwa op sy vlug na Gibeon. Hulle was in skermustelinge met die Nama's en sy moes die geld wat hulle by hul had voor in haar klere versteek.    Sy wou ook gif in die drank gooi by die hotel van Andries de Wet op Seskameelboom, maar is deur haar man belet om dit te doen. Esther Jacoba Coetzee - vrou van Christoffel Coetzee.   Sy vlug saam met haar Moeder van Garries en moes help met die vier klein kinders van Nicolaas Maritz wat sy vrou verloor het in Januarie 1904.
Mev. Brink. - Vrou van Kerneels Brink.    Sy het borskanker gehad en moes 'n plank voor haar bors hou sodat die bloed nie haar klere vlek nie.   Sy vlug na Gibeon en is die 4de Desember 1904 oorlede. Annie, Anna Johanna Maria Delport - vrou van Oscar Mähler.  Sy was die eerste Pioniersvrou in Suidwes.   Haar man en broer word vermoor.  Sy en haar dogtertjie word kaalvoet aangejaag na die huis van Frans Smeer. Marie, gebore as Anna Maria Bismarck Mähler - vrou van Hermann Brandt.  Mariental word na haar vernoem.
Mev. Stumpfe - vrou van Ernst Stumpfe.   Sy kom in 'n gehawende toestand op Swartmodder aan en vertel van moorde op boere.   Ernst Stumpfe skenk die grond vir die uitleg van die dorpie Mariental. Hannie, Johanna Catharina van der Westhuizen  - vrou van Hendrik Smit.   Op Swartmodder word haar man, vader,  twee broers en haar swaer  vermoor. Anna Potgieter - vrou van Johannes Potgieter van Swartmodder.   Haar man, 18 maande oue seuntjie, vader, drie broers, twee van haar oudste broers se seuns sowel as haar swaer Hendrik Smit, word vermoor. Sy verloor ook daarna haar maand oue baba op die pad na veiligheid.
Maria  Smeer - vrou van Frans Smeer.  Na haar man vermoor is word sy beveel om op 'n harmonium te speel.   Sy speel geestelike liedere terwyl die Nama's  dans. Mieta Brand - vrou van Lang Piet Brand is van die eerste intrekkers op Kub en bedien nuwe intrekkers met raad en bystand.  Sy is ook sieketrooster. Mev. Kooy. - vrou van Albertus Kooy eerste onderwyser van Kubskool.  Hul kom van Holland om in 'n dorre land hul te vestig.   Sy was 'n bekwame opvoedster en sy moes ook die huishouding van die kosgangers op haar neem.
Mev. Booysen - vrou van Dirk Booysen.  Haar man word doodgeskiet op patrollie naby Kub.  Daarna trou sy met Albertus Kooy eerste onderwyser op Kub. Mev. Seitweihler - Sy word beveel om 'n ete te voorsien terwyl haar man geboei word..   Haar man wou met haar praat, maar word voor die deur doodgeskiet.   Daarna moes sy vlug. Mev Steyn - vrou van Jacobus A.  Steyn.  Haar man word voor haar vermoor en haar seun Manie van 10 jaar van haar weggeskeur en geskiet.   Terwyl sy saam met die Smit familie vlug word sy moeder, maar verloor baba na twee dae.   Sy grawe graf met haar hande.
n Nuwe begin en nuwe Gemeente.    Elsie Helena Smit ,18 jaar.     Haar huwelik met Johannes Andries van der Westhuizen deur Ds. P.J. Conradie op die 17 Mei 1904  word aangeteken as  die eerste huwelik op die huweliksregister van die Gemeente Gibeon.     Dit vind plaas op die plaas Kameelhaar op 17 Mei 1904.  Daar was sekerlik huwelike wat voor die datum voltrek is, maar die besonderhede het tydens die oorlog verlore geraak.    Hierdie huwelik is egter in die register as Nommer Een aangeteken.
Lily Mähler, dogter van Oskar Mähler is gedoop as Sarah Josefine Lilian.   Gebore  10 Maart 1897.   Sy is die eerste blanke kind wat op Marienthal opgegroei het.   Haar moeder, Annie, was die eerste blanke pioniersvrou .
Soveel ander vroue het beproewings gehad gedurende daardie jare.   Hulle was almal baanbrekers en moes ver van winkels en sonder die ondersteuning van  hul familie klaarkom in 'n ruwe nuwe land.   Hulle het hul mans bygestaan en gehelp om Suidwes mak te maak.   Ons het nie hul name nie, maar dink ook aan hulle.