Maritz Familie van Suidwes

 

AANKOMS VAN EERSTE BLANKES.

 

1484  Die heel eerste  blanke wat voet aan wal gesit het  was Diego Cam in 1484.   Hy plant 'n kruis by Kaap Kruis noord van  Swakopmund.
1486  Daarna  het Bartholomeus  Diaz 1486 by Angra Pequena geland en 'n kruis geplant.

 

1760  In 1760 het Jacobus Coetzee die jagter gekom.    Hy was 'n boer van Piketberg.   Hy is oor die Oranjerivier en het 'n droeë rivierloop gevolg en tot by die warmbronne van Warmbad gekom.   Hy vernoem ook die boom wat deur kameelperde geëet word as die kameeldoringboom.

Hy hoor  van die swart stam (die Herero's) in die  noorde met die groot getalle beeste.  Die Baster Klaas Barend het as gids opgetree.  

 

1761 Ryk Tulbagh stel belang en het  vir  Hendrik Hop, 'n Burgeroffisier van Stellenbosch gestuur om 'n wetenskaplike ekspedisie te lei.   Die landmeter Carel Brink trek die eerste kaart op van Groot Namaqualand.

Hulle vorder so ver as Keetmanshoop.   Jacobus Coetzee gaan saam as gids en jag ook kamele, renosters en ander groot wild.

 

1778 het H.J. Wikar  gekom.   Klaas Barend het weer vir Wikar gehelp.

Hy bestudeer die sedes, tradisies en gewoontes van die Nama stamme.

 

1779 het Kolonel  Robert Jacob  Gordon, 'n offisier van die eerste Engelse Besetters aan die Kaap gekom.   Hy vernoem die Garieprivier nou die  Oranje na die Hollandse Koninklike Huis en die Gordonia streek in Noord Kaapland, word na hom vernoem.

 

1786  kom die Nautilus  by Angra Pequena aan.

 

1791  Willem van Reenen het verder gegaan as Henri Hop tot by Rehoboth.   Hulle bly by Gideon Visagie te Modderfontein/Swartmodder teenswoordige Keetmanshoop oor.   9 Januarie het hulle die Lewerrivier bereik en kameelperde, buffels en renosters geskiet. Hy maak die eerste kontak met die Herero's.    Hy stuur vir Pieter Brand  met sewe Nama's om die Hereros te kontak.   Sy trekdiere vrek almal.   Hy beskrywe die Bergdamaras.   Met die terugkeer kon Gideon Visagie hom nie met osse help nie want sy vrou het pas van 'n nege maande tog van die Kaap teruggekeer.   Willem van Reenen kom weer in Junie 1792 terug in die Kaap.

 

1791.   Gideon Visagie, Pieter Brand en Barend Fonteyn word aangetref by Swartmodder deur van Reenen.

 
  Visagie het sedert 1786 daar gewoon en  het met beeste en perde geboer.  Sy vrou was die eerste blanke vrou in Suidwes.
1793  land  die Hollandse skip die Meermin  met Kaptein Duminy  by Walvisbaai.   Hy verklaar Angra Pequena,  Walvisbaai en   Halifax eiland, sowel as die aangrensende gebiede tot Hollandse gebiede.    Willem van Reenen se twee broers was aan boord van die Meermin, asook die jagter Pieter Pienaar.   Hulle wou met die Hereros kontak maak om beeste na St. Helena uit te voer.

  Willem van Reenen en sy twee broers en Pieter Pienaar trek verder oos.    Hulle verken  die Swakop rivier waar hulle  kuddes  olifante, renosters, gemsbokke, springbokke en leeus aantref.

   Ook hulle vind nie die Hereros nie.  Hulle het nie verder noord as die Kuiseb en Swakopriviere gegaan nie.

 

1795 kom  die skip "Star" van die Engelse nadat hulle die Kaap oorgeneem het.   Hulle plant Engelse vlae so ver  as Angola en eien die reg toe om te jag en vis te vang maar  proklameer nooit die gebied nie.

 

1800 het die sendelinge  onder die Inboorlinge begin werk.  
1801  begin die Londonse Sendinggenootskap te Rietfontein.    Net buite die grens.

 

1805 Die London Sendinggenootskap  het die  Albrecht broers, Abraham en Christian  gestuur tot by Warmbad.  Hulle maak die eerste groente tuin in die land.    Hulle gee moed op en verlaat die gebied.   Hy gaan na die gebied van Abraham Bondelswart.     Hulle rig die eerste steenhuis op Warmbad op en plant koring, rog en gars.     Seidenfaden vestig hom op Pella.  Christian  Albrechts sluit hom by hom aan op Pella nadat Abraham Albrecht oorlede is.    Abraham Swartbooi asook Kupido Witbooi het ook daar gewoon.

 

1811  was Jager Afrikaner by Blijdeverwacht.    Hy vernietig die dorpie Warmbad van die Swartboois.    Die sendeling vlug oor die Karasberge en weer oor die Oranje om die sendingstasie Pella aan te lê.

 

1812 lê hulle die sendingstasie op Bethanie aan. Schmelen  bou die eerste huis en onderneem die eerste bybel vertaling.

 

1812/14   Op Pella in Klein Namaqualand aan die Kaapse kant van die Oranjerivier het Heinrich Schmelen gewerk.    Hy neem 150 Oorlams/Basters saam met hom na Bethanie.    Hy leer Nama praat.   Hy rig Schmelen Huis op in 1814 wat die oudste gebou in Suidwes is.     Hy was getroud met Anna, 'n Nama  en deur haar toedoen het hy begin om die Nuwe Testament in Nama te vertaal.   1824 gaan hy tot in Walvisbaai  om die Nama, Damara en Herero te bearbei.    Hy gaan tot by Tsebris waar hy Jonker Afrikaner ontmoet en bekeer het.    Jonker was Oorlams het het Afrikaans goed gepraat.    Schmelen is later in 1830 terug na die Kaap om die Bybel te laat druk.    Hy is egter oorlede op 'n plaas naby Tulbagh.  Sendelingsdrift aan die Oranje is na hom vernoem.

 

1814  Ambraal Lambert se mense by Gobabis  kom saam met Schmelen hierheen.

 

1820 het die Wesleyan Methodist Missionary Society vir Rev. B. Shaw gestuur.   In 1834 bou hulle weer die verwoeste Warmbad oor.
1825 word die Rev. William Trelfall en sy twee metgeselle vermoor.   Die eerste moord van vele wat daarna sou volg.

 

1834 kom Rev. Edward Cook.  Hy werk by Blijdeverwacht die plek van die  Jager Afrikaner stam
1834 het die kommissie van Johannes Andries Pretorius kom ondersoek instel en tot by Damaraland gevorder.   Sy verslag oor die land was nie gunstig nie.

 

8 September 1836 verlaat James Alexander die Kaap.    Hy gaan na Komaggas om die sendeling Johann Heinrich Schmelen te sien.  Hy trek oor Pella na Warmbad en dan na Hainabis oor die Visrivier na Bethanie, Grootfontein, Abadis tot by die Kuiseb.  Daarna tot by Walvisbaai waar hy op 19 April 1836 aankom. Hulle gaan na Jonker Afrikaner. Hulle soek ook nog na die Hereros.  Jonker versoek 'n sendeling om hulle te bedien.
1837 Die Engelse ontdekker Sir James Alexander  gaan deur Klein Windhoek waar die eerste huise deur die Rynse sendelinge opgerig is.     Hy noem die warm waterbronne "Queen Adelaids Baths".    Toe die Roomse Katolieke  gekom het het hulle die plek ontwikkel en druiwe en palm geplant en wyn gemaak.    Die eerste wyn is gepars  in 1904.

 

1840   Jonker Afrikaner  het in 1840 die land ingekom.   In 1842 maak Jonker Afrikaner 'n pad oor die Auasberge.  Hy beweeg verder noord na Okahandja waarvandaan hy die Herero's se beeste plunder en 'n tyd van terreur wat twee dekades sou aanhou.

 

1840/42 begin die Rynse sendelinge werk.     Hugo Hahn het  gekom van die Rynse Missionary Society in Barmen.   En ook F.H. Heinrich Kleinschmidt.    Hugo Hahn het groot werk onder die inwoners van Suidwes gedoen.

 

1842 het 'n Engelsman met die naam van James Frank Bassingthwaighte van 'n skip afgeklim by Walvisbaai en goed bevriend geraak met die handelaars Dixon en Morris en later ook met Jonker Afrikaner en Maherero.    Hy blyk van die eerste blanke  setlaars te wees, behalwe die sendelinge wat toe reeds daar was.   Hy was 'n timmerman en herstel wawiele in ruil vir beeste.    

 

Die sendeling Kleinschmidt kom ook  in 1842 in Windhoek aan en werk onder die mense van Jonker Afrikaner.    Hy vra hom  om na Okahandja te kom waar die Herero's hulle hoofkwartier het.    Die fontein droog op en die Herero's trek .   Jonker vra hulle om na Otjikango te gaan en hy herdoop dit Barmen ter ere van  die dorp in Duitsland waarvandaan hy kom.   Kleinschmidt is na Rehoboth.  Weldra het hy in 1847 'n skool en kerk opgerig.    Die kerk het die eerste klok  in die land.

 

Die Rynse Sending is gevestig en die London Sendelinge verlaat die gebied.   Ook die Wesleyaanse genootskap handig oor aan die Rynse sendelinge
1842 word die ryk guano velde ontgin.
1847   Die Oranjerivier is in 1847 as noordelike grens van die Kaapprovinsie geproklameer met die niemandsland ten noorde daarvan bewoon deur die onderskeie Namastamme.

 

1850 het ook Sir Francis Galton in Walvisbaai geland en na Ovamboland gegaan.     Hy het 'n jong Sweed saamgeneem,  Charles John Andersson.   Hy bly agter in die land nadat Galton weer vertrek het.   Andersson ontdek  die Okavango rivier.

 

1850 het Jonker Afrikaner duisende Herero's vermoor in wat  bekend geword het as die "Bloedbad van Okahandja".
1856 het die firma De Pass, Spence and Co.  begin om 'n visindustrie te vestig by Angra Pequena.   1850 het hulle ook koper begin ontgin.

 

1863 was Jonker Afrikaner en die Herero's in 'n stryd gewikkel.  Die Hereros het baie beeste gehad en Maherero het 1500 heilige osse gehad.   Die Herero's het geglo waar 'n heilige bees geloop het die grond aan hulle behoort het.   Jonker het die heilige osse gesteel.
1863   pleit die sendelinge om anneksasie  by die Duitse  Rykskanselier Bismarck  en toe dit nie slaag nie, by die Britse regering en uiteindelik by die Kaapse parlement.   Al wat gebeur is dat die Britse regering op 12 Maart 1878 die Wavisbaaise enclave as Britse gebied proklameer en dat Adolf Luderiz in 1883 'n handelshuis te Angra Pequena oprig en op 1 Mei 'n 20 myl breë kusstrook vanaf die Oranje tot op die 26 grade suiderbreedte van Josef Frederick Namakaptein van Bethanie aankoop.    Op 14 April 1884 maak Bismarck bekend dat Adolf Luderitz se eiendomme onder Duitse beskerming geplaas word en die Duitse vlag word op 6 Augustus 1884 gehys te Luderitz.

 

1863 het die oorloë tussen die Nama en Herero begin wat die land in 'n lang  tyd van geweld dompel.    Die "Veldtog van die Skerpioen" het toe ook plaasgevind.    Kamaherero seker van sukses het sy manne agter die Nama's aangestuur.   Die land was in 'n greep van erge droogte en die Nama's het verder suid gevlug.   Die terugkerende Herero's het nie meer kos gehad nie en moes vir skerpioene onder klippe soek om te eet.

 

1864   Kido Witbooi was toe nog op Pella.   Hy besluit om na die noorde te trek.   Hy trek tot by Khachutsas aan die Visrivier. Op 10 April 1863  rus hulle hier en hy noem die plek Gibeon.

 

1866 vestig Hugo Hahn 'n opleidingsinstituut  vir Herero's by Otjimbingwe wat die Augustineum genoem word.

 

1868 het Johannes Olpp  gekom.   Hy was verantwoordelik vir die bekering van Kido Witbooi.    Olpp is in 1874 aktief bygestaan deur Hendrik Witbooi met die oprigting van 'n kerk te Gibeon. Hendrik Witbooi het  skool bygewoon en is hy bekeer en gedoop.   Moses  Witbooi was Hendrik Witbooi se vader.

    Paul Visser was 'n Griekwa en die skoonseun van Kido en moes na die siele omsien.

 

1868  het 'n dertigtal blankes in Otjimbingwe 'n smeekskrif gerig aan Sir Philip Wodehouse, vir beskerming.    Met hul vrouens en kinders het hulle 87 siele getel.

 

1870 het daar vrede tussen die Nama en Herero gekom as gevolg van die tussenkoms van Hugo Hahn.

 

1870   Die Afrikaanse boere was van vroeg al teenwoordig, maar het vanaf 1870  in groter getalle die land begin inkom.

 

1871   Was die volgende Boere reeds in Warmbad omgewing.   Jan Louw en  Leonard Cilliers.  Christoffel Coetzee skryf. "dat zij of hunne ouders reeds trekboeren waren onder de Nama's toen de Duitschers er noch niet waren"

.

Mei 1874 - Die Dorslandtrek.     Twaalf Boere families het vanaf Pretoria getrek tot Gobabis en daarna na Angola.   Eerste trek van G.J. S. van der Merwe, veldkornet en Gert A.J. Alberts, P.J. van der Merwe en A.J.N. Alberts.

 

1874 het Olpp 'n kerk op Gibeon gebou.   Hendrik Witbooi het gehelp om die kerk te bou.   Olpp was messelaar en Witbooi die handlanger.    Die kerk is later op Gibeon in 1904  deur die Duitsers die lug ingeblaas.

 

1875 en Kido Witbooi is oorlede in die ouderdom van 94 jaar en Moses wat toe reeds 68 was het hom opgevolg.
1876  Dr. William Coates Palgrave word gestuur.    Hy teken 'n ooreenkoms met die Herero's in 1876.     Hy sien moontlikhede om die land te annekseer vir die Engelse.       Hulle doen dit nie, maar annekseer net Walvisbaai op 12 Maart 1878.   Die Herero's  was nie gelukkig nie en help nie vir Palgrave nie.   Na die opstande tussen die Namas en Herero pleit die Duitsers die Engelse om te help, maar hulle wil nie.   Palgrave  was ook  bedrywig as jagter vanaf 1860 en het die vertroue van Kamaherero gehad en hulle teken die "Ooreenkoms van Okahandja"   Robert Lewis was 'n smous en geweersmokkelaar en hy tree as tolk op vir  Palgrave.
1878 is die Britse Vlag gehys in Walvisbaai.    Ses jaar later is hierdie gebied geinkorporeer by  Kaapland.
1879 gaan Olpp terug Duitsland toe Witbooi vergesel hom tot op Steinkopf. 
1881  Adolf Luderitz land by Angra Pequena.    Dit was die enigste plek wat nog nie verower is en en niemandsland was.     In 1883 kom hy weer saam met Heinrich Vogelsang by Angra Pequena aan met die skil "Tully"  en vestig  Luderitzbucht.    Hy hys die Duitse vlag en begin handel dryf met die Nama's.     Hy koop die  baai van Angra Pequena op 1 Mei 1883 van Josef Fredericks.    Hy voeg later die hele kusgebied van die Oranje Rivier tot 26 grade Suid by.    Hy pleit vir beskerming vir enige grond wat hy besit, maar Duitsland stel nie belang nie      Hy verken langs die Oranje tot by Alexanderbaai.    Hy en 'n seeman sou na Angra Pequena seil.  Van hulle is nooit weer gehoor nie.
Op 7 Augustus 1884 word die Duitse Vlag gehys in Luderitz.  Kaptein von Raven word gestuur en anderkant Kaapkruis rig hy 'n proklamasie op dat die gebied nou onder die  Duitse Regering staan.
In 1884 stuur Bismarck 'n telegram na die Duitse Konsul in Kaapstad en beveel hom om die Kaapse Goewerment te sê dat die Luderitzland nou onder Duitse beskerming is.   24 April 1884 is die begin van die Duitse Beskerming.

 

1885 - 1890   Die Eerste Duitse Goewerneur is Landeshauptmann Dr. H.C. Göring.

 

Cecil John Rhodes word angstig oor die Duitse teenwoordigheid in Suidwes en stuur die "Boadicea" om die belange van die Engelse Firma De Pass, Spence en Com. te beskerm.  Die Duitsers stuur die "Nautilus" om na die "Luderitz Land"  te  kyk.    Dit was nou te laat vir die Engelse om iets aan die saak te doen nadat hulle die geleentheid verby laat gaan het om die land te annekseer.
Die Kaapse Regering erken die Duitse gesag en onttrek hul gesante en die bande tussen die Kaap en Groot Namaqualand word verbreek.   Die geskiedenis sou dalk anders gelyk het as die regerings anders opgetree het.

 

1885 het James Chapman gekom.    Hy gaan na Walvisbaai en kry Mev. Latham daar.   In 1843 het die Dixons en handelaar Morris en familie met ossewa van Kaapstad na Walvisbaai gereis.    Hierdie vrouens was  die eerste Europese vrouens wat in Walvisbaai gewoon het.

 

1888 was daar nog min blanke Afrikaner boere in die gebied teenwoordig.

     Daar was egter smouse wat brandewyn en wapens gesmokkel het of handelaars was, onder andere    De Koe, Schoemberg, Fryer, Duvenage, Bottom, Lucas, Thuisman, Wheeler, Sinclair, McKay, Smith, Konkin, Burton, Scot, Hill, Kemp, Krabbenhoff, Alcock, Spangenberg en van Eeden.

 

24 Julie 1889 het Kaptein Curt von Francois met die eerste troepe geland.  
1889 het Afrikaner gesinne begin intrek.   Kootjie Burger, Hendrik Turner, Jasper Coetzee, Jacob Wasserfall, Hendrik Blaauw, Dreyers en Rousseau's is teen 1889 reeds daar.
1889 het Ds. W.P. de Villiers van Carnavon die eerste besoek gebring aan Suidwes omdat baie van sy lidmate daarnatoe getrek het.
1890 het Johannes Kruger, Flip Kotze, Hendrik Bam en Nicolaas Mostert hulle met hul gesinne hier kom vestig.    Almal het by Warmbad, en voor die Karasberge gewoon ook naby Swartmodder (Keetmanshoop)   Ook die trek van Hendrik Smit uit Piketberg kom aan.
Op 18 Oktober 1890 het von Francois die hoeksteen van die Alte Feste in Windhoek gelê.

 

Die Duitsers sluit ooreenkomste met die Herero's, Basters en Nama's om te help om orde in die land te bewerkstellig.   Die enigste wat nie wou teken nie is Hendrik Witbooi.
1891 - 1894   Curt von Franco

is
is tweede Duitse Goewerneur.
13 April 1892 het by Hoornkranz, vesting van Hendrik Witbooi 'n vergadering plaasgevind tussen Hendrik Witbooi en von Francois.    Von Francois wou dat Witbooi onder Duitse Beskerming geplaas word wat Witbooi weier.    Von Francois meen dat dit  vir beskerming is teen die Boere Trekkers wat in al hoe groter getalle die land instroom.    Göring egter wou die boere daar hê.

 

12 April 1893 het von Francois na Hoornkrans gegaan en slaags geraak met  Hendrik Witbooi, wat toe  die berge in vlug.

 

1893 is von Francois vervang met Majoor Theodor Leutwein wat net daarna vir Hendrik Witbooi aanval en verslaan.   Hy teken 'n vredesooreenkoms en vir die volgende 10 jaar het Witbooi die vrede gehou.

 

1894/1895  het dit baie gereën en die Nossob was in vloed.   Malaria breek uit.

 

1894 het Leutwein ook die Bezirksamer of distrikskantore  in Windhoek en Keetmanhoop gestig.

 

Op 1 Oktober 1895 is 'n ooreenkoms met die Duitse hoof te Gibeon luitenant von Burgsdorff vir die vestiging van 'n polisiepos by Marienthal.

    Hermann Brandt vernoem Enkelkameelboom na sy vrou Marie as Marienthal.    Die huidige Mariental is sowat 20 km wes van die fontein van Enkelkameelboom.

1896 het die Runderpes uitgebreek in Suid-Afrika wat later na die suide van Suidwes uitgebrei het in 1897.
1897   Die Herero's van Mbanderus staan op omdat die Duitsers vir Samuel Maherero erken as Kaptein.  Witbooi en Samuel help die Duitsers.   Die kapteine van die ooste Herero's Kahimemua en Nikodemus word veroordeel en dood geskiet.

 

1897   Die spoorlyn word van Swakop na Windhoek gebou.    'n Hawehoof word in Swakop gebou.    Dorpe van Karibib, Okahandja, Omaruru, Grootfontein, Gibeon en Keetmanshoop word gestig.     Intussen verkoop die Herero's en die Nama grond aan die nuwe intrekkers.
1898 het die Swartboois van Fransfontein hulle toegeien wat nie aan hulle behoort nie en word gestraf en die hele stam na Windhoek verplaas