Maritz Familie van Suidwes

 

SUSANNA LESAJA MARITZ

 

Berig verskyn in "DIE SUIDWESTER'   31.07.1960

 

IN 1904 WAS SY 'DOOD' - VANDAG 90

'n BOERVROU wie se naam in die Hottentot-oorlog van 1904 op die dodelys verskyn het, mev. Sannie Maritz van die plaas Oostewald, Gibeon, vier vandag haar negentigste verjaardag.   Sy is die streek se oudste inwoner.

Mev. Maritz en haar man het in 1904 tussen Luderitz en Aus en Windhoek transport gery.   'n Tog van die kus tot in die hoofstad het sowat twee maande geduur.   Mev. Maritz het geen ander tuiste as die wapad geken nie en haar vier kinders was altyd by.

Op 'n tog van Windhoek na Luderitz het die Hottentot-oorlog in die omgewing van Gibeon op sy hewigste gewoed.

Die Maritz-egpaar is op verskeie plekke langs die roete gewaarsku dat hulle nie verder moet ry nie.   Hulle is gewaarsku dat 'n gewisse dood aan die hande van die moordbendes op hulle sou wag indien hulle nie gehoor sou gee nie.

Wyle mnr. Maritz het egter besluit om omweë te gebruik en die tog voort te sit.   By Kameelboom het die Maritze op mans afgekom wat deur Hotterntotte vermoor was.   Hottentot-bendes het op die pad by hulle verby gery en hulle het skote in die verte gehoor.    Die egpaar het hulle vir die dood gereed gemaak.   Hulle is egter nooit aangeval nie.

Toe hulle maande later weer van hul kennisse en familie gesien het, kon die mense nie hul eie oë glo nie.   Die egpaar se name het toe reeds op dodelyste verskyn, omdat almal aanvaar het dat hulle nooit hul bestemming sou bereik sonder om uitgemoor te word nie.

Mnr. Maritz is in 1964 dood.

 

Voetnota:-    Dawid Maritz en sy vrou, Susanna Maritz het na Gibeon gegaan waar hulle gebly het tot na die oorlog.     Die mans op Seskameelboom was waarskynlik Willem Adriaan Cilliers, Thomas Knoesen en Willem Johannes Kuhn wat daar vermoor is.