Maritz Familie van Suidwes

 

DIE VLUG VAN ESTHER JACOBA MARITZ

SOOS VERTEL DEUR HAAR DOGTER  ESTHER JACOBA COETZEE 

Op 4 Oktober het die hotnots die Donderdagaand vir Ficke, die een polisieman op Kupp doodgeskiet.   Vrydag die 5de het Mnr. Kooi, die Holander meester wat skoolgehou het vir ons geskryf dat ons moet vlug, want die polisieman is alreeds doodgeskiet. Soos vooraf gesê was my man nie tuis nie, dit was dus net my broer Nicolaas Maritz, my moeder Ester Jacoba Maritz, my jongste broer, hy was ongeveer 11 jaar, Andries Franscauis (Franscois) Maritz, my jongste suster, 9 jaar Olfiena (Olivina) Susanna Maritz en my broer se vier weerlose kinders, een waarvan 'n baba was en ek self, Ester Jacoba Maritz.

Ons het een perd gehad en toe ons die berig kry het my broer uitgery na Remhoogte waar hy 'n pad gemaak het en waarlangs die wa wat hy gekoop het moes kom om ons op te laai en ons het toe maar klaar gemaak, want hy  kom sê toe dat die Duitser ons sal kom oplaai as sy volk kom met die osse, maar hy het toe nooit te voorskyn gekom nie. Die aand na ete het ons toe besluit om te voet na die rante te vlug, weg van die huis af, want Witbooi se mense kon enige tyd daar aankom.  Ons het die perd  ook saamgeneem en daar vasgehou en net een kombers wat ons vir die kinders oopgegooi het om op te lê somaar op die klippe, want dit was baie donker en ons mag nie ligmaak nie. Die volgende more het ons versigtig na die huise gesluip.   Dit was alles stil toe ons daar kom en het niks verkeerd bespeur nie.   Toe het ons maar te voet geloop en die vee in die pad gesit.   

Ek het toe nog 'n baba gedra en 'n geweer met 'n klomp patrone. So het ons gestap, ek met my drag vanaf Saterdagmore dwarsdeur die nag  tot Sondagmore die 7de toe. Net voor ons by Visrivier kom het my twee jongste broers by ons gekom. Hulle het toe van die skool af weggeloop. Die een het pokkies onder lede gehad, maar hulle wou ons kom help. Hulle het toe omtrent 'n uur daar versuim omdat ons toe al weg was, toe huule die rant klim sien hulle die hotnots aankom. Hulle twee het toe die hotnots onder koëels gesteek en gemaak dat hulle wegkom agter ons aan. Die middag het hulle by ons aangekom waar ons 'n bietjie gerus het. Daar was die kinders van my broer baie dors en ons het nie water gehad nie, toe moes hulle gaan bokke melk, toe is ons daar weg en het ongeveer 6 uur in Visrivier aangekom. Ons het toe besluit om maar daar te slaap aangesien ons toe almal moeg was. Toe ek die vee gaan versorg het ek mense gesê aangesien die hotnots in aantog is moet ons maar bly vlug. Hulle kan maar die vee kom vat, ons moet net ons eie lewens red. Ons het geeneen die wêreld daarlangs geken nie en het nog verdwaal.   Die perd was so moeg dat hy gaan lê het en so rus, rus het ons toe 8 uur die volgende more op Kupp aangekom. Daar het ons by Oom Willem van Lill se huis gekom en daar geeet. My broer was toe so siek van die pokke dat hy nie meer kon nie.

Daar het ons toe die aand geslaap en die volgende more is ons toe na ons huis wat my man Stoffel Coetzee vroeer vir die skool afgegee het vir 'n eet en slaapplek. Daar het ons gaan bly. Ons het toe niks gehad nie, geen beddegoed of huisgoed nie. Die volk het toe darem met die vee deurgekom en na ons toe gebring.    Omtrent 14 dae daarna is my broer Nicolaas Maritz en 'n paar Boere met 'n wa af na ons plaas toe om ons goed te gaan haal, maar toe hulle daar kom is alles verniel. Al die verebeddens en kussings is alles uitgeskud op die werf. Al ons kos, klere en alles was weg. Die Sondagnag toe loop al die Boere se hotnotveewagters weg, dat daar nie een is nie. Toe moes die wit seuns die vee oppas.