Maritz Familie van Suidwes

 

VAN OERTYE TOT 1890. KRONOLOGIESE WEERGAWE VAN DIE GESKIEDENIS VAN GROOT NAMAQUALAND

 

DIE INBOORLINGE.

 

Van die vroegste tye het die Khoisan wat beteken "inheemse mense van Suider-Afrika" in die gebied noord van die Garieprivier gewoon. Die Khoisan sluit twee groepe mense in, die San-jagter-versamelaars.   Hulle was jagters en het van die veld gelewe en die Khoikhoi of Khoekhoen-veewagters.  Hulle is deur die jare verdryf deur die verskillende nuwe volke wat vanaf die Noorde van Afrika en later vanaf die Suide ingetrek het soos die  Herero's, Ovambo's en Namastamme en hulle het die San vermoor en uitgedryf.   Verder het die rasse ook vermeng geraak.

Die Topnaars het gebly by Rooibank (Walvisbaai) en die Kuiseb.   Hulle was van die eerste mense wat al eeue hier gewoon het.

Die Berg Damaras.   Hulle was van oertye hier en het gewoon in die    sentrale gedeeltes  Hulle is oorheers deur die Namas, die Herero's, San-Boesmans en die Ovambo's en was hul slawe en  het die taal van die Nama's aangeneem.  Niemand weet waar die ras vandaan gekom het nie.   Hulle het die kuns geken om yster uit die rots te smelt en het koper sierade gemaak en ysterpylpunte.

Die Namaqua's - of Khoikhoi  het die hele Suider Afrika bewoon gedurende  die jare  toe Jan van Riebeeck hier aangekom het.    Hulle is weer verder verdryf en het so ook die land van die San inbeweeg.  Hul weiveld het gestrek  van die Oranje tot aan die Swakoprivier.

Hulle het bestaan uit verskeie groepe/takke  wat die volgende name gehad het.  

Die Bondelswarts wat gewoon het in die Warmbad omgewing onder Kaptein Willem Christiaan.

Die Swartboois het by Rehoboth, later langs die Swakop rivier en die Erongoberge vertoef voor hulle by Fransfontein gaan woon het.

Die Velkskoendraers en Vilanders  by Rietfontein, Mier en Aroab  Hulle het 'n geel doek om die kop gedra.  Hul  Kaptein was Hans Arisemab.   Hulle is verarm deur herhaalde plundertogte deur Hendrik Witooi.

Die Oorlams by Swartmodder, Bethanie en Luderitz.

Die Witboois  woon van die Grootrivier tot die Naukluftberge met Gibeon  as basis.   Hulle is Witkams genoem.  Hulle  Kaptein was  Kupido Witbooi. Hendrik Witbooi het sy vader Moses opgevolg en sy onderkaptein was Samuel Izak.   Hendrik Witbooi  was die blankes aanvanklik  goedgesind, want hy was van hulle afhanklik vir ammunisie. In 1840 - 1850 het die Witboois Pella verlaat en oor die Oranje gekom  en op 10 April 1863 op Gibeon gevestig.   Hulle was bekend as die /Khowesen wat bedelaars beteken.  

Die Rooi Nasie rondom Mariental en Hoachanus en by Hatsamas.  Hulle het 'n rooi doek gedra. Awakhoi of Rooivolk.  Hulle word regeer deur Games, 'n vrou totdat Oasib, hul toekomstige leier, mondig word.

Die Fransman  en Jan Booi  by Gochas.   Simon Koper  het langs die Auobrivier en by Gochas gebly.

Die Groot Dodens aan die bolope van die Visrivier     Hulle trek later  na Sesfontein en Fransfontein in die Kaokoland.

Die Gei-Ikhana of Gobabisstam met Amraal Lambert as leier by Olifantsfontein, Gobabis.   Hulle kom saam met Schmelen gedurende 1814 hierheen.

Almal was onderdanig aan die Rooinasie en hulle het gesamentlik die Nama-ras uitgemaak.

Die Hereros het ongeveer 1550  gemigreer vanaf noord van die Kunene en     die meerdistrikte van Sentraal Afrika en vestig in Kaokoveld.    Daarna het hulle verder suid getrek en die Himba en Tjimba stamme agtergelaat.

Hul opperhoof was Kamaherero gebore 1790 en sy seun was Maherero  gebore 1820 en die laaste opperhoof was Samuel Maherero.   Die Herero's glo dat waar hul beeste gewei het, is dit hul grond.     Die Herero's en Jonker Afrikaner voer strooptogte uit, maak oorlog met mekaar oor die besit van beeste.

Die Ovambos het na Ovamboland gemigreer so ongeveer 'n honderd jaar nadat Diaz in 1486 sy kruis geplant het.   Hulle hou tussen die Kaokoveld en die Okavango.    Hulle kom waarskynlik van die Ngami- en Makarrikarri-panne.   Hulle is weer landbouers en veeboerdery is beperk tot beeste en bokke.    Hulle verstaan ook die kuns om yster te smelt.   Hulle was ook meer oorlogsugtig en het die ander stamme oorval en hul vee gebuit.

Die 1800's.  Tydens 'n  tweede migrasie  het die Oorlams gekom.   Hulle was nie suiwer Nama's nie en  het Afrikaans gepraat.    Hulle Kaptein was Jager Afrikaner.    Jonker Afrikaner het sy vader opgevolg.     Hy noem die vallei met die warm en koue waterbronne  Windhoek omdat dit hom herinner aan die Winterhoekberge naby Roode Zand, Tulbagh.    Hy vestig 'n handelspos en veral wyn en brandewyn word versmous    Hulle was die erkende brandewynsmouse.   Kruit en wapens is verkoop en knopkieries raak in onbruik.     In 1842 het Jonker Afrikaner 'n pad oor die Auasberge gemaak.   Hy nooi Kupido Witbooi wat op Pella bly om hom hier te kom vestig om sy getalle te versterk.

Heel laaste het die Basters gekom.    Hulle het die Oranjerivier oorgesteek in 1870 en by Rehoboth gevestig.    Hul Kaptein was Hermanus van Wyk.