Maritz Familie van Suidwes

 
 
 
 
 
 

 

 

Die Maritz familiewapen op die webblad is ongeregistreer by die Buro van Herhaldiek van Suid Afrika. Die enigste wapen wat privaat geregistreer is, is deur Rudolf Johan Maritz en is uitgereik op 13.5.1999. Die Maritz familiewapen wat op hierdie webblad gewys word is gebaseer op 'n boek van Pama, oor families van Suid Afrika. Volgens Pama se boek het die Maritz familie die wapen aangeneem in 1947 van die koerant "Die Brandwag". Die koerant "Die Brandwag" het 'n reeks artikels gedoen oor genealogie en is gepubliseer deur N.H Theunissen, familiewapen is alleenlik gebruik om die artikels meer intressant te maak. Hy het geen navorsing gedoen oor familiewapens nie. Die Martiz familiewapen is in vier gedeel. (1) In blou 'n dwarsbalk, in die kwartierhoof vergesel van 'n verkorte kruisie, alles goud; (2) In goud 'n skuinsbalk, in die kwartierhoof vergesel van 'n ruit, alles groen; (3) In rooi twee goue dwarsbalke; 4) In blou 'n dwarsbalk vergesel bo en onder van 'n eiketakkie met steel en blare; oor alles heen 'n hartskild: in rooi 'n golwende skuinsbalk van silver en 'n vrykwartier van goud. Inligting wat op hierdie blad aangegee word moenie sommer net aanvaar dat dit kompleet of korrek is nie. Ek aanvaar ook geen veantwoordelikheid vir verliese asgevolg vandie inligting op hierdie die bladsy of enige ander bladsye in hierdie webblad nie. Voel asseblief vry om vir my enige virasies van die Maritz Familiewapen, eg of nie eg aan te stuur. Sal dit met graagte op die hierdie webblad plaas.
 
 
 
 
 
 

Marthie Bredenkamp