Maritz Familie van Suidwes

MARITZ FAMILIES VAN NAMIBIË

 

MARITZ - KEETMANSHOOP

 

 

Hierdie Maritz families het in die vroeë jare na die ou Suidwes-Afrika getrek.   Hulle kan nog nie gekoppel word aan die res van die Maritz Stamregister nie.   Enige hulp in die verband sal baie waardeer word.    Omdat ek hulle nie kan koppel nie is daar geen genealogiese nommerstelsel gebruik nie.   Al die inligting wat hier verskyn is verkry van die Windhoek Argief en van die familie van Gert Stephanus Maritz, Siviele Ingenieur van Oshakati.

 

 

 

GERT STEPHANUS MARITZ

 

Hy was getroud met

Johanna Susara FOURIE   Sy is gebore op Hopetown

Sy sterf  Tokadrift,distrik Hay 12.12.1888 (Bron MOOC 271/1889)

In 1913 word sy adres in die adresboek aangegee as Farmpächter, Devellierspütz, Kalkfontein-Süd

 

Hulle het ‘n seun

GERT STEPHANUS MARITZ

Hy is gebore op Carnavon ongeveer Mei 1853.

Sterf  Woensdag 26 Januarie 1944  op sy plaas Garies, distrik Keetmanshoop.   Hy het geboer op die plaas Garies.

Hy was 90 jaar en 8 maande toe hy oorlede is.

 

Hy was getroud met Maria Johanna VOSTER   (Op haar seun se doopregister word sy aangegee as Maria Elizabeth Voster)

 

Daarna was hy getroud met Maria Magdalena VAN DER HEEVER te Keetmanshoop.

Die sterfkennis word geteken te Karasburg  18.02.1944 deur sy seun Andries Wilhelmus Jacobus Maritz teenwoordig by sterfbed.

In die adresboek van 1913 word sy   adres aangegee as DevelliersSüd,  Kalkfontein-Süd

 

(Sy seun Gert word nie op hierdie Sterfkennis genoem nie moontlik omdat hy reeds oorlede is in 1930)

 

 

Uit eerste huwelik met Maria Johanna VOSTER is gebore:-

 

1.       Ockert Cornelius MARITZ    As ek kan bevestig dat hierdie seun getroud was met Wilhelmina Jacoba LOUWRENS sal ek hom moontlik hier kan plaas met sy nageslag.     Ockert Cornelius het  op Karasburg gewoon.  

 

2.       Susanna Elizabeth Adriana MARITZ getroud op Koegasputs, distrik Prieska KP met Dirk Johannes van Dyk REDELINGHUYS.   Sy vader was Gert Jacobus Redelinghuys en Anna Katarina Beaderiks Hendriena Stofberg.   Hy was 55 jaar en 7 maande toe hy oorlede is.   Hy was ‘n veeboer (Bywoner)  van die plaas Duurdrift Nord, distrik Warmbad.  Hy sterf die 25ste Januarie 1938 in die Windhoek Hospitaal.

 

          Hulle kinders is:-

          Gert Jacobus Redelinghuys

          Maria Johanna Redelinghuys

          Gert Stephanus Redelinghuys

          Ockert Cornelius Redelinghuys

          Almal meerjarig

       

          Minderjarige kinders:-

          Anna Catharina Redelinghuys gebore 11 Julie 1916

          Dirk Johannes Redelinghuys  gebore 9 Oktober 1919

          Susanna Elizabeth Redelinghuys gebore 9 Oktober 1919

          Helena Antoinetta Redelinghuys  gebore 20 Junie 1923

          Andries Wilhelmus Redelinghuys gebore 17 Januarie 1926

          Pieter Cornelius Redelinghuys  gebore 12 September 1927

          Hester Magrieta Redelinghuys gebore 24 Julie 1929

          Hendrik Gideon Redelinghuys  gebore 26 Februarie 1931

          Petronella Johanna Redelinghuys  gebore 15 Desember 1932

          Johanna Maria Redelinghuys  gebore 8 September 1934

          Susara Elizabeth Redelinghuys  gebore 3 Maart 1937

        Sterfkennis geteken te Kalkfontein die 3de Februarie 1938 deur S.E.A. Redelinghuys oorblywende eggenote

          (nie teenwoordig by sterfgeval of begrafnis)

          (Bron SK Windhoek Argief EST 879 2208)

           

 

 

3.       Maria Johanna MARITZ getroud met Kuhn

4.       Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ

5.       Johanna Margaretha MARITZ getroud met EKSTEEN

6.       Carel Johan MARITZ

7.       Magrietha MARITZ getroud met CAMPFER

8.       Hendrik Gideon MARITZ

 

(Bron SK Windhoek Argief EST 992 3399)

 

>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>> 

 

 

 Vierde kind van Gert Stephanus Maritz en Maria Johanna Voster.

 

ANDRIES WILHELMUS JACOBUS  MARITZ

 

Hy is gebore Griekwastad  17 September 1885 en gedoop 10 Junie 1886.  As getuies het geteken Gert Stephanus Maritz, sy vader en Maria Elizabeth Voster, sy moeder, asook Gerhardus Jacobus Engelbrecht en Maria Johanna Maritz   Sy moeder se name verskil op die doopsertifikaat  en die sterfkennis van Andries Wilhelmus Jacobus Maritz.  (Bron Griekwastad Doopregister verkry van Petrus Fourie,  FOURIE Navorser.)

 

Hy sterf  6 Augustus 1956 in sy huis op die plaas Narudas No 268, distrik Warmbad.   Hy het geboer op die plaas Narudas en was sewentig jaar en tien maande oud toe hy oorlede is.

 

Hy was getroud met Susanna Fransina BURGER gebore op Klipdam distrik Aroab.     Haar ouers was Willem Jacobus Burger en Frederieka Johanna Cornelia – (Geen nooiensvan)   Sy is oorlede op die plaas Narudas  en was veertig jaar en drie maande oud toe sy oorlede is.     (Bron Windhoek Argief EST 850 1805)

 

Daarna is hy getroud op Karasburg met Hendrieka Louisa BOSHOFF.   Sy was voorheen getroud met Andries Wilhelmus Jacobus se broer Gert Stephanus Maritz.

 

Uit die eerste huwelik  met Susanna Fransina BURGER is gebore:-

 

1.       Frederika Johanna Cornelia MARITZ gebore 29 Mei 1917.   Getroud te Karasburg met Henning Jacobus  OBERHOLSTER.   Hy is gebore in die Kaapprovinsie.   Hy is die seun van Izak Albertus Hermias OBERHOLSTER en Maria Jacoba Catharina VAN NIEKERK voorheen Oberholzter gebore VAN WYK van die plaas Arus, distrik Keetmanshoop.     Sy is weer getroud met SCHONBORN.

 

          Hy was 33 jaar en 5 maande toe hy oorlede is op Donderdag 3 Mei 1945.   Hy sterf in die Katolieke Hospitaal Windhoek.   Hy boer op die plaas Nuwerust, distrik Bethanie.

Hulle kinders:-

 

          Izak Albertus Hermias OBERHOLSTER gebore 3 Julie 1937

          Andries Wilhelmus Jacobus OBERHOLSTER gebore 9 Februarie 1940.

          Henning Jacobus OBERHOLSTER gebore 4 September 1942

 

           Sterfkennis word geteken te Keetmanshoop die 21 Mei 1945 deur F.J.C. Oberholster oorlewende eggenote van die oorledene teenwoordig by sterfgeval

 

(Bron SK Windhoek Argief EST 1020 3706)

 

 

2.      Gert Stephanus MARITZ  gebore 22 November 1918

Hy is gebore op die plaas Narudas.  Hy is op Karasburg die 11de Desember  getroud met Maria Magdalena Elizabeth ENGELBRECHT gebore 24 Oktober 1925 op die plaas Goedgevonde, distrik Karasburg.

Hy koop die plaas Kameelmund, distrik Keetmanshoop in 1948.

 

Hy is oorlede  9 Oktober 1992 in New Castle en begrawe op Keetmanshoop.

Maria Magdalena ENGELBRECHT is oorlede op 3 Oktober 2001 en begrawe te Keetmanshoop.

 

Hulle kinders:-

 

2.1.    Maria Aletta  MARITZ gebore te Karasburg  1 Februarie 1946

Sy is getroud  op 3 Julie 1965  te  Keetmanshoop met Pieter VAN WYK van Carnavon

Hulle kinders is:-

 

2.1.1    Magdalena Elizabeth VAN WYK  gebore 6 Mei 1967

2.1.2    Elmien VAN WYK    gebore 14 April 1969

2.1.3    Maritza VAN WYK  gebore 9 Oktober 1974

 

2.2.    Susanna Fransina MARITZ gebore te Karasburg 22 Junie 1948

Sy is getroud te Keetmanshoop op 8 Januarie 1972  met Johannes BOSMAN van Bredasdorp gebore  30 Desember 1946

op Bredasdorp.

 

Hulle kinders is:-

 

2.2.1    Maria BOSMAN gebore 16 April 1973 te Pretoria.   Sy  is getroud met P.A.B. VAN DER MERWE op

            23 September 2006

2.2.2    Johanna BOSMAN gebore 23 April 1975 te Pretoria.   Sy is getroud met D..C. SLABBER op 9 April  1998

2.2.3    Susan BOSMAN gebore 1  Junie 1983 te Pretoria

2.2.4    Nicola BOSMAN   gebore 28 Augustus 1985 te Pretoria

 

 

 

 

2.3.    Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ

gebore 22 September 1952 te Keetmanshoop

Hy is getroud  9 April 1977 met Marieta COETZEE  gebore  Bethanie 07.07.1958

Hulle kinders:-

 

1.Sonja MARITZ gebore Windhoek 28 Desember 1977

Sy is getroud met Quintin KOTZE

 

2.André MARITZ gebore Windhoek 24 Desember 1979. 

Hy was getroud met Ursula BESINGER.

 

3.Gert Stephanus MARITZ gebore Windhoek 22 September 1981.   Gedoop 22 November 1981 te Keetmanshoop.   Siviele Ingenieur.

 

4.Willem Johannes Coetzee MARITZ gebore Windhoek 16 Junie 1992

 

2.4.    Johannes Frederik MARITZ gebore Keetmanshoop 22 Januarie 1956

Hy is getroud met Anna Maria COETZEE (sy is die suster van Marieta COETZEE getroud met Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ)

Hulle kinders:-

 

1.        Gerhard MARITZ gebore Keetmanshoop 4 oktober 1977.  Hy is oorlede 8 April 2000 en begrawe in Windhoek.

2.        Johannes Frederik MARITZ gebore Olifantshoek 13 September 1983.

    Hy is op 31 Maart 2002 getroud met Lisa-Marie MAARTENS

    Hulle het een seun Ruben MARITZ gebore Windhoek 8 januarie 2002.

3.        Marguerita MARITZ gebore Windhoek 26 Augustus 1985 gedoop op        Solitaire, distrik Maltahohe.

           (Inligting verskaf deur Gert Stephanus Maritz, Siviele Ingenieur van Oshakati)

 

2.5.    Gert Stephanus MARITZ gebore Keetmanshoop 8 Oktober 1960

Hy is getroud  op Sabie 21.09.1985 met Charné  Ann MUDGE.

Sy is gebore op 2 Augustus 1962 in Pietermaritzburg.

Haar ouers was Isolde Hazel en Leonard Geoffrey Mudge getroud op 16 Mei 1958 in Johannesburg.

Hulle het twee dogters, Charlotte en Nicole.

 

1.    Charlotte Hazel Maritz gebore 23 Desember 1987 in Newcastle

2.    Nicole Elizabeth Maritz gebore op 5 Junie in Newcastle.

 

2.6.    Willem Jacobus MARITZ gebore 27 Maart 1968.   Hy is getroud met Antoinette DESCONDE te Keetmanshoop op 23 Oktober 1993.

Hulle Kinders:-

 

1.           Thanette MARITZ gebore Otjiwarongo 5 September 1996

2.           Luandré Willem MARITZ gebore Otjiwarongo 5 Mei 1998

 

 

3.      Willem Jacobus MARITZ  gebore 10 Oktober 1920.   Hy was getroud  in 1948 met Louisa DU PLOOY.   Sy is gebore 19 Augustus 1924.    Sy was die dogter van Abraham Johannes du Plooy en Hendrina Johanna van der Berg.    Hulle het gewoon op die plaas Nukios distrik Warmbad.

Hy het in die Tweede Wêreld Oorlog gaan veg in 1939 en is na Egipte.   Met sy terugkeer het hy die plaas Phannenthal Khois gekoop vir 10c/hektaar.

 

 

Hulle kinders:-

          1.   Hendrina Johanna MARITZ      gebore 9 April 1954

          2.   Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ    gebore 6 Maart 1956

          3.   Abraham Johannes MARITZ    gebore 20 Junie 1959

          4.   Sandra Louisa MARITZ    gebore 16 September 1964

 

4.      Maria Johanna MARITZ getroud met VISAGIE gebore 28 Oktober 1922

 

5.      Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ  gebore 7 Oktober 1924   Hy boer nog op die plaas Narudas.

 

6.      Barend Frederik MARITZ gebore 19 Junie 1927.   Hy het vier kinders gehad.    Gerda, Andries, Sannie en Kolie.

 

7.      Susanna Fransina MARITZ gebore 10 Februarie 1931 getroud met Kruger

8.      Ockert Cornelius MARITZ  gebore 13 Oktober 1933.   Hy is oorlede cc1984/1985.   Hy het ses kinders gehad.   Mariane, Andre, Anita, Marius, Petrus en Ockert.

 

Uit die huwelik van die oorledene met Hendrika Louisa Maritz (voorheen Maritz gebore BOSHOFF) is geen kinders gebore nie.

 

Sterfkennis geteken te Karasburg, distrik Warmbad die 31ste Augustus 1956 deur H.L. Maritz eggenote teenwoordig met dood.

(Bron SK Windhoek Argief EST 1395 276/1956)

 

 

Susanna Francina BURGER

Sy is gebore op Klipdam,distrik Aroab – Hollandse afkoms

Haar vader was Willem jacobus BURGER en haar moeder was Frederieka Johanna Cornelia   (geen nooiensvan)

 

Sy was 40 jaar en 3 maande toe sy oorlede is op die plaas Narudas, distrik Keetmanshoop op die 26ste Septemberr 1935.   Sy was getroud  op Warmbad 26 Julie 1916 met Andries Wilhelmus Jacobus MARITZ

 

Sy het nagelaat alleenlik regte onder Huurkontrak met Administrasie onder Settelaarswet.   Haar sterfkennis word op Kalkfontein Suid, distrik Warmbad geteken die 21ste November 1935 deur haar eggenoot A.W.J. Maritz, teenwoordig by sterwe.

 

 

Sy en haar man het ‘n Testament opgestel en onderteken op die plaas Narudas die 10de Maart 1931.  As getuie het geteken A.W. Louw en J.C. Jooste.

Haar boedel:-

Op die Inventaris is die volgende:-

“Een helfte onverdeelde deel in en van die plaas “Narudas” No 84. distrik Keetmanshoop S.W.A. groot 16523 ha 93 Ar en 85 v.m. aangekoop deur Andries Wilhelmus Jacobus Maritz (nagelate eggenoot) en Hendrika Louisa Maritz (gebore Boshof) gesamentlik van die Administrasie van S.W.A. onder die Landnedersettings Wet, kragtens Huurkontrak No 83/1924 dateer 1 April 1924, en Oordragsakte No 154/1931, dateer 3 Desember 1931.  £400

 

(Bron SK Windhoek Argief EST 850 1805)

 

GERT STEPHANUS MARITZ

 

Hy is gebore in die Kaapprovinsie.   Sy vader en moeder se name word nie genoem nie.   Hy was 43 jaar en 9 maande en 15 dae toe hy oorlede is.  Hy sterf die 23ste Julie 1930.   Hy was ‘n veeboer op die plaas Narudas, distrik Keetmanshoop.  Hy is begrawe op die plaas Narudas.   Hy het verbrand en het 16 ure geleef na die voorval.

Sy vrou Hendrika Louisa Boshof teken die Informasievorm van Sterfgeval.

Hy is getroud op Warmbad met Hendrika Louisa Boshof.   Sy is gebore die 30ste April 1897 te Douglas en gedoop die 19de September 1897.   Haar vader was Willem Hendrik B0SHOFF en haar moeder Johanna Catharina Sophia VAN DER WESTHUIZEN

 

Hulle het twee kinders:-

 

1.   Gert Stephanus MARITZ  gebore 20 September 1919 gedoop 21 Maart 1920 te Mariental deur Ds. E.J. Leonard van die Gibeon Gemeente.   As getuies teken Gert Stephanus Maritz en Hendrika Louisa Boshoff en Andries Wilhelmus Jacobus Maritz en Susanna F. Maritz.

 

2.   Maria Johanna MARITZ gebore 6 Januarie 1922 gedoop 27 Mei 1923 te Mariental deur Ds. E.J. Leonard van die Gibeon Gemeente.  As getuies teken Gert Stephanus Maritz en Hendrika Louisa Boshoff en Petrus C. Boshoff en Johannes G. Boshoff.

Sterfkennis geteken te Narudas, distrik Keetmanshoop die 11de Oktober 1930 deur H.L. Maritz eggenoot van oorledene teenwoordig by sy sterfbed.

 

(Bron SK Windhoek Argief EST 720 1132)

Nagevors en saamgestel deur Susan Bredenkamp